Mevrou Mevrou

Mevrou Mevrou

https://iono.fm/rss/chan/7868
34 Followers 50 Episodes Claim Ownership
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hie...
View more

Episode List

40 is Fabulous III

Jun 2nd, 2026 2:00 AM

Die maand van Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag feesvieringe is nou verby, en Mevrou is weer op die voete. Dis tyd vir nabetragting en om wenke aan die jonger geslag uit te deel. Gerda de Sousa het gesien hoe die jongmense nog nie regtig weet wat dit verg om vir ’n hele maand se partytjies voor te berei nie – hulle brand te vinnig uit. Dianne Broodryk het intussen goed geleer wat om met daardie kort glasies drank te doen wat sy net nie meer kon sluk nie. Luister na die Mevrouens se lys van wenke om ’n reeks partytjies in styl te oorleef, sonder om jou naam teen ’n plank te slaan... Podcast page on Jacaranda FM's website

40 is Fabulous II

May 26th, 2026 2:00 AM

Mevrou mag haar jare goed dra: jonk van gees en van vlees. Wat die geheim agter haar ware ouderdom egter verklap, is die plooie wat tussen haar oë vasklou, selfs wanneer sy nie eers kwaad is nie. Dianne Broodryk gaan oor tot aksie en maak ’n afspraak om Gerda de Sousa se plooi goed te looi. Wat daarna gebeur, was vir altwee Mevrouens ’n verrassing. En daar leer hulle iets nuuts: spuit kom nooit te laat nie! Luister hier na hulle eerste gesamentlike afspraak by ’n dokter van ’n ander aard … Podcast page on Jacaranda FM's website

40 is Fabulous I

May 19th, 2026 2:00 AM

Mei 2026 is die maand waarin Jacaranda FM haar 40ste verjaarsdag vier. Aangesien hierdie radiostasie 'n groot deel van albei hulle lewens is, het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besluit om dit te vier op die beste manier wat hulle kan – deur hulde te bring aan hulle veertigs. Hulle skop hierdie spesiale mini-reeks af saam met twee van hulle kollegas, oor hoe ’n vrou in haar veertigs behoort te gedra. Is veertig oor die muur, of net die begin? Podcast page on Jacaranda FM's website

Mevrou vier die veertigs

May 15th, 2026 1:06 PM

Mevrou Mevrou is terug met ’n spesiale mini-reeks om Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag te vier. In egte Mevrou styl, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie net hoe veertig deesdae lyk nie - hulle gaan ook oor tot aksie. Die Mevrouers lag, kla, knyp die oë toe, vra raad by hulle kollegas en hoop om na hierdie feestelikheid ook bietjie wyser ander kant uit te kom. Hulle bevestig wel hulle vermoede: 40 is Fabulous! First episode drops 19 May, 2026! Podcast page on Jacaranda FM's website

Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het

Dec 15th, 2025 2:00 AM

Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en voel sy het die slang skubbe nou vervel en is reg vir 2026. Maar om daar te kom, moet Gerda de Sousa en Dianne Broodryk eers ’n paar swaar lasse van hulle skouers af kry, bely oor ’n paar ander goed, en dankie sê vir ’n besluit wat moontlik een van hulle se lewens gered het …. Podcast page on Jacaranda FM's website

Get this podcast on your phone, Free

Create Your Podcast In Minutes

  • Full-featured podcast site
  • Unlimited storage and bandwidth
  • Comprehensive podcast stats
  • Distribute to Apple Podcasts, Spotify, and more
  • Make money with your podcast
Get Started
It is Free