Kortom 7 Julie 2026
Nelia Engelbrecht vertel in haar kortverhaal, WRAAK PROE SOOS MELKSKOMMEL, van ‘n tienerseun se planne om die boelies in sy skool te uitoorlê. Die voorleser is Wiandré du Plessis.
Kortom 30 Junie 2026
Richard van der Westhuizen lees twee stories voor uit Jan Horn se gewilde bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS. WAAIGRAS EN DIE BARMHARTIGE SAMARITAAN en ’N WOORDEBOEK IN C SHARP is bekoorlike verhale vol pret en menslike patos.
Kortom 23 Junie 2026
Elma Potgieter vertel in haar kortverhaal, MY LIEFSTE KARA, van ‘n sielkundige se moeilike besluit. Hy moet beslis oor of hy ‘n dame gaan ontslaan wat ‘n erge senuwee-ineenstorting ervaar het weens ‘n plaasmoord. Die voorlesers is Estel de Beer en J.J. Roberts.
Kortom 16 Junie 2026
Richard van der Westhuizen lees twee stories voor uit Jan Horn se gewilde bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS. AS GEITJIES BOOMSLANGE WORD is so waar soos padda manel dra, of nie? En in DAAR’S WATER word daar water getref met ‘n onkonvensionele nie-wetenskaplike metode.
Kortom 9 Junie 2026
Abri le Roux vertel in sy kortverhaal, PRETORIA SE TEATERSPOOK, van die manwales van die spook in die Masker Teater in Pretoria. Die voorleser is Eddie de Jager.