FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 5
Cor is tuis. Stefan wil hom ‘n paar warm klappe gee, maar Piet tree tussenbeide. Hy beskou Stefan se gedrag as kinderagtig en onvanpas. Cor beplan ‘n gesellige braai saam met sy ouers, waar hy hulle wil bederf met springbokfilet ná sy jagekskursie. Cor ontmoet vir Shorty in ‘n kroeg om sake te bespreek. Iemand sien per ongeluk vir Cor raak...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 4
Stefan lê klem daarop dat die maatskappy moet belê in elektroniese hulpmiddels soos paneelkameras vir elke trok. Shorty word geroep om na die nuwe paneelkameras te kyk, en hy is in die wolke want diot sal sy werk makliker maak. Shorty kry ‘n interessante oproep van ‘n spesiale vriend wat hy al jare lank ken. Dan is daar ‘n klop aan die deur...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 3
Shorty Swanepoel is behoorlik in die warm water. Rian du Preez ontbied hom om vir hom al die inklok- en uitkloktye van elke drywer, asook die dieselstrokies van die Mosambiekse aflewering, te bring. Cor is terug, en hy en Rian bespreek die gemors waarin Shorty hulle gedompel het. Cor ontvang ‘n oproep van ‘n vreemde nommer. Dit verander hulle planne drasties.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 2
Piet du Preez belê ‘n noodvergadering, maar nie om te gesels oor Cor se verdwyning nie. Dit gaan oor ‘n verdagte Fortuna Trans-trok wat verlate staan op die Mosambiekse grens. ‘n Stewige boete moet betaal word. Rian kry ‘n interessante oproep. Cor is dalk veel nader as wat almal dink.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 1
Daar is ‘n ligte atmosfeer in die kantore van Fortuna Trans. Dit is net nog ‘n doodgewone oggend by die Du Preez-familie se onderneming, tot Anika ‘n oproep ontvang. Piet du Preez, die sakemagnaat en eienaar van Fortuna Trans, se jongste seun word vermis. Weet Anika meer as wat sy voorgee? Waar is Cor du Preez?