Episode#28 | Die 'get behind me santa' Episode
Ons laat Kersfees episode! Ons diensverskaffer het ons erg moeilikheid gegee, maar hier's die episode. Ons eerste episode in twee jaar. Ons gesels baie nonsense, Sybrand tune in op Skype al die pad van Bethlehem af (hoe appropriate) en ons luister uitstekende musiek. Hoop jy geniet hom...
Episode#27 | Die 'so long and thanks for all the episodes' Episode
Looooong overdue! Steyn vra om verskoning vir die huge delay op hierdie episode, dit is sy skuld en dit was al in Januarie opgeneem! Dit is Villiers se afskeidsepisode - hy gaan swot nou by Tukkies... Verder luister ons na cool musiek van The Bats (ja jy't reggelees) en nog vele meer. Check ook 'n slag weer ons blog uit. Ons sal probeer om hom meer gereeld op te datteer (maar soos julle weet het ons nie 'n baie goeie track record as dit kom by stuff op datum hou nie). www.skaatscast.blogspot.com skaatscast at gmail dot com
Episode#26 | Die SkaatsCast Awards 2007!
Die heel eerste SkaatsCast Awards! In ware Christelike fashion beoordeel (hahaha) ons al die beste oomblikke van 2007. Van Jacob Zuma tot Paris Hilton, Switchfoot tot Kanye West en Die Cheetas tot die Springbokke - ons cover ALS! Dit was net Sybrand en Steyn vir hierdie episode, die res was almal weg maar darem daar in gees. Check uit ons Facebook groep of email ons by skaatscast at gmail dot com. Geseende Kersfees en 'n super nuwe jaar van die SkaatsCast af. Mag julle almal iets van God se super liefde beleef hier aan die einde van 2007!
Episode#25B | Die Back2Back Episode
Deel 2 van die bumper musiek episode met Ben en Steyn! Awesome musiek en klomp lukraak... email ons by skaatscast at gmail dot com of check uit ons groep op Facebook vandag nog!
Episode#25A | Die Rockin' Episode
Deel 1/2 - Almal is weer op vakansie behalwe Ben en Steyn, wat net een ding kan beteken... BUMPER MUSIC EDITION! Yeah ons het 'n pretty awesome line-up, maar jy moet maar luister om uit te vind wie. Check ook uit vir deel 2, uit binnekort!