Twee jaar gelede het Pedro Basson se lewe verander toe hy hoor dat hy 'n nuwe hart moet kry. Alhoewel dit 'n moeilike tyd vir die jong man was, het hy aanhou veg en 'n nuwe doelwit voor oë gehad. Hy het gaan deelneem aan die Wêreld Oorplantingspele in Perth, Australië.