Suzette Kotze Myburg en Azille Coetzee gesels oor Azille se jongste boek en haar eerste roman, DIE TEENOORGESTELDE IS NET SO WAAR. SARIE se boekeredakteur Phyllis Green gesels oor ‘n paar moet-lees-memoires. Johan Myburg kyk in sy internasionale insetsel na ‘n klompie boeke uit Afrika wat die afgelope jaar met pryse weggestap het, verwikkelinge by die Britse Royal Society of Literature en die Britse dagblad, The Guardian, se vyf boeke van die jaar in die kategorie vir misdaadromans en rillers.