Luister na twee van 2023 se matrikulante wat sukses behaal het, in weerwil van moeilike omstandighede. Arehan Brand gesels met Sashen Chase, een van die ontvangers van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se ministeriële toekennings vir akademie. Ricardi Matthee, ‘n jong atleet wat met optiese atrofie gediagnoseer is, vertel van sy atletiekprestasies, en van sy ervarings toe hy Suid-Afrika in Malawi verteenwoordig het.