Mar-li van der Merwe speel Woord vir Woord. Sy gesels met Albertha van der Merwe van die Wes-Kaap Onderwysdepartement oor die belangrikheid van ‘n goeie woordeskat, en hoe woordeskat leerders kan help om hulle begripvaardighede uit te brei. Marieta Nel, inhoudspesialis by Penguin Random House, vertel watter boeke beskikbaar is vir leerders en waarom sy lees belangrik is.