Drie boekmense – Deborah Steinmair, Bettina Wyngaard en Phyllis Green – deel hulle 2021-leeshoogtepunte. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die Russiese skrywer, Yurie Felsen, wie se debuutroman byna ‘n 100 jaar na publikasie vir die eerste keer in Engels gaan verskyn. Hy het ook nuus oor twee hervertellings van die Griekse mitologie, en jy kan meer uitvind oor Adam Aitken, ʼn Australiese digter wat pas met die Australiese Patrick White-prys bekroon is.