Elmari Rautenbach, die organiseerder van die US Woordfees se skrywersprogram, gesels met Ilse Salzwedel oor haar onlangse leeslekkertes, en jy kan luister na ‘n argiefbydrae oor die werk van JM Coetzee, wat op 9 Februarie sy 80e verjaarsdag gevier het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die kortlys van die Dublin-letterkundeprys, ‘n boek oor klimaatfiksie op die Booker-kortlys en die skrywer agter een van die groot feministiese boeke van die vorige eeu.