Die digter en skrywer Barend Toerien is vandeesweek 100 jaar gelede gebore. Ons onthou sy bydrae tot Afrikaans met 'n argiefonderhoud waarin hy gesels oor sy digkuns en reisjoernaal oor Rusland. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Rathbones Folioprys, die kortlys vir die Dylan Thomasprys en die lewe en werk van die Egiptiese skrywer Nawal El Sadaawi wat onlangs oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor die boeke op die kortlys vir die UJ-pryse.