Suid-Afrika sal in 2026 gasheer speel vir die Dohne-Merino-wêreldkongres. Ons gesels met Koenas van der Westhuizen van die Dohne-Merino-telersgenootskap. Jovan Erasmus van Netafim vertel waarom voorkomende onderhoud so belangrik is vir die sukses van drupbesproeiing. Gerhard Strydom van Mazél en Magaliesberg Bonsmaras praat oor hulle veiling van 26 September.