Ilse Salzwedel gesels met Daniël Lötter oor sy bundel Karoostories, DIE GROOTPAD IS 'N GRONDPAD. Jaco Jacobs vertel meer van 'n gratis e-boek wat help om alles oor die coronavirus vir kinders te verduidelik. Hy gesels ook oor die internasionale eer vir sy boek, 'N LEKKER DAG VIR BOOMKLIM, en sy jongste boek, OUPA ZOMBIE. Johan Myburg vertel van Joyce Carol Oates se nuwe roman.