Saam met gister se arbeidsmagopname data het Statistieke Suid-Afrika die kollig geplaas op die huiswerkers. Ongeveer 1,1 miljoen Suid-Afrikaners is in privaat huishoudings indiensgeneem en van hulle is 854 000 huiswerkers wat skoonmaak, kook, en kinders of bejaardes versorg. Dit is ʼn groep wat besonder kwesbaar is vir ʼn afswaai van die ekonomie.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.