Ilse Salzwedel gesels met die skrywers Irma Venter (SIRKUS) en Rudi van Rensburg (KAMIKAZE) oor hul jongste romans. Sy gesels ook met Ingred Mennen en Irene Berg oor hulle pragtige kinderboek INK. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor 'n nuwe bundel kortverhale deur Haruki Murakami, en jy kan ook luister na 'n klankopname uit die 1960's waarin wyle Sylvia Plath een van haar gedigte voorlees.