Ilse Salzwedel gesels met Juliana Coetzer oor haar aangrypende nuwe nie-fiksie boek, DIE KIND SE NAAM IS ANNEKE. Sophia Kapp en Leonie van Rensburg, die samestellers van LYFSKAP, ‘n bundel erotiese kortverhale, gesels oor die bundel. Johan Myburg vertel meer van ‘n nuwe prenteboek uit die pen van die Nobelprysbekroonde Olga Tokarczuk, nog polemiek rondom die vertaling van Amanda Gorman se digkuns en die werk van Malorie Blackman, 'n Britse kinder- en jeugboekskrywer.