Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 is ongeveer 25 000 Boerekrygsgevangenes en vreemdelingvrywilligers na kampe in Indië, Ceylon, St. Helena en Bermuda gestuur. Daar het min opgetekende persoonlike ervarings van dié reise bewaar gebly. Die kunstenaarsboek, NA BERMUDA, wat deur Franci Greyling saamgestel is, is ‘n uitbeelding van die krygsgevangenes se reiservarings na dié eilandgroep in die Atlantiese Oseaan.