Gister in die ry om te stem vra iemand my of die rand al begin val het. Dit is so dat sentiment, veral rondom ʼn verkiesing, ʼn rol kan speel, maar toe dink ek dit is dalk interessant om te praat oor die faktore wat die wisselkoers bepaal. Dit is nou nie hierdie week se veranderinge nie in die rand-dollar koers nie, maar die onderliggende, fundamentele drywers van die wisselkoers.
Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.