Adre Prins is deur die departement landbou se vroue-entrepreneur van die jaar kompetisie, as beste vrouewerker aangewys in die Wes-Kaap. Sy is ‘n vragmotorbestuurder van beroep by Willow Creek Farm, en sy sit graag voet in die hoek oor haar eie ambisies en toekomsplanne. Tussen ander vragmotorbestuurders in landbou is Adre enigste hen tussen die hane.