Twee boekliefhebbers, RSG se Ina Strydom en die joernalis AJ Opperman, gesels oor hulle leeshoogtepunte van 2020. Johan Myburg vertel meer oor die Nederlandse PC Hooft-prys wat aan Alfred Schaffer, digter en dosent aan die Universiteit van Stellenbosch, toegeken is. Hy bring ook hulde aan John le Carre, skrywer van topverkoper-spioenasieromans, wat onlangs oorlede is, en jy kan luister na ‘n argiefopname waarin Le Carre van sy eie werk voorlees.