Motorredakteur Marnus Hattingh het Kaapstad se Noordelike voorstede en Tygervallei se woonstelle verruil vir Pringlebaai se grondstrate sonder straatligte. Hy is nie 'n dag spyt nie. Hy ry sy toetsmotors deur Clarence Drive, draf agter in die berge en is die plaaslike drafklub se “trail”-kaptein. Hy swem in die Palmietrivier, en jaag bobbejane uit kombuise voordat daar in die koskaste gekrap is.