Diederik Geldenhuys van Riversdale is bekend in dié streek vir sy interessante blomkuns. Hy is gaande oor inheemse plante, en sy vingers is natuurlik grasgroen. Hy sê plante laat sy gees vry sweef in 'n andersoortige wêreld. Haidee Muller-Isaacs het hom raakgeloop op Heidelberg, waar hy haar ook van sy twee geliefde donkiekinders vertel het.