Wat is ons eerste reaksie as alles nie gaan soos ons hoop of gedink het nie? Wat is jou eerste reaksie in nood?
Kom ons onthou: Ons Hemelse Vader is goed en aan Sy liefde is daar geen einde nie. Hy hoor as ons bid! Hy wil die beste vir jou hê, Hy is getrou en het jou meer lief as wat jy ooit sal kan besef.
Psalm 107:1-2 (V): “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het...”