Marguerite is 'n bekende leefstyl joernalis met 'n groot hart. Sy is besig om geld in te samel vir die diere wat swaarkry in Kaapstad. Sy verkoop boeke op haar instagram-blad @bookmargs. Al die geld gaan na kleiner organisasies wat diere help. Ons gesels oor die projek en natuurlik praat ons oor joernalistiek, tydskrifte en die wonderlike kulturele lewe in Kaapstad.
https://www.instagram.com/bookmargs/?locale=en_gb