Leana en haar Nederlandse man woon 'n deel van elke jaar in Nederland en 'n deel in Greyton in die Kaap. Leana is 'n behendige sakevrou wat, daar waar sy kom, elke geleentheid aangryp om iets interessants te begin. In Greyton het sy 'n klerewinkel en in Gauteng hou haar bedryf, oelalaa, kinderpartytjies. Ons gesels heerlik oor Nederland en Greyton en Leana se lewe.