Kom luister saam hoe Ilona vertel van Africa Burn en die groot avontuur wat sy en haar lewensmaat, Bokka du Toit, aangepak het. Sommige mense sal dink dis malligheid en ander sal wens hulle kon dit doen, hoe ook al: Ilona laat 'n mens nadink oor die keuses wat jy in jou lewe maak.