Neeltje Swanepoel is 'n vrou van vele talente. Sy was nie net jare lank 'n taalpraktisyn en die teskskrywer vir die gewilde TV-program "Pasella" nie, sy is ook 'n sportinstrukteur en 'n duiker. Ons gesels oor al haar duikavonture, crossfit en ook oor hoe sy kanker oorleef het. Deesdae boer sy met laventel en bestudeer sy die digkuns - hieroor gesels ons in die tweede gesprek op Patreon.