Die kans is groot dat jy al 'n keer een van AJ se artikels of resensies op Media24 raakgelees het. Of miskien volg jy , soos ek, sy verjaarsdagkalender van bekende Suid-Afrikaners op sosiale media. Hoe ookal, AJ was afgelope Januarie en Februarie in Amsterdam waar hy as joernalis in Zuid-Afrikahuis kon vertoef. Ons gesels oor sy besoek en sy werk in deel een van ons gesprek.