AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na media@afriforum.co.za.

Episode List

Tshwane kry weer bloedneus in die hof oor stadsreinigingsheffing

Aug 27th, 2025 1:00 PM

Die Tshwane-metro het Maandag vir ’n tweede keer bloedneus in die hof gekry oor die omstrede stadsreinigingsheffing wat op omtrent 250 000 munisipale rekeninge aangebring is. Dit volg nadat die metro se aansoek om verlof tot appèl, in die saak wat AfriForum vroeër gewen het, van die hand gewys is. Die Tshwane-metro wou dié heffing, ten bedrae van nagenoeg R220 per maand, instel op huishoudings wat nie van die metro se vullisverwyderingsdiens gebruik maak nie. Die hof het egter in AfriForum se guns beslis en bevind dat dié heffing onwettig is.

Ultimate Marksmanship Championship kom op AfriForumTV

Aug 15th, 2025 12:05 PM

Suid-Afrika se beste skuts word gesoek vir die Ultimate Marksmanship Championship wat vir ’n TV-reeks op AfriForumTV opgeneem sal word. Groot prysgeld is in dieonderskeie afdelings op die spel met soveel as R100 000 wat aan kategoriewenners toegeken sal word. Klik ⁠hier⁠ om meer oor die kompetisie uit te vind.

AfriForum soek swaarder strawwe vir kabeldiewe

Jun 25th, 2025 12:30 PM

Koperkabeldiefstal veroorsaak elke jaar miljarde rande se skade en ongerief. Eskom en Transnet loop die ergste deur en die belastingbetaler moet boonop vir die skade opdok.AfriForum doen daarom ’n beroep op die instelling van swaarder strawwe vir kriminele wat hulself aan hierdie misdaad skuldig maak.

Wanneer mag jy skiet? (Deel 2)

Jun 6th, 2025 2:28 PM

In hierdie episode van AfriPod word die gesprek met Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, voortgesit oor wanneer ’n vuurwapen vir selfverdediging binne die raamwerk van die wet gebruik mag word.

Wanneer mag jy skiet? (Deel 1)

Jun 6th, 2025 2:23 PM

Wanneer mag ’n wettige vuurwapeneienaar sy of haarvuurwapen in selfverdediging gebruik? Mag ek skiet wanneer ek in my huis oorval word? Het ek die reg om te skiet wanneer ek gekaap word? Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, beantwoord dié en verskeie ander brandende vrae oor vuurwapengebruik in hierdie en die volgende episode van AfriPod.

Get this podcast on your phone, Free

Create Your Podcast In Minutes

  • Full-featured podcast site
  • Unlimited storage and bandwidth
  • Comprehensive podcast stats
  • Distribute to Apple Podcasts, Spotify, and more
  • Make money with your podcast
Get Started
It is Free