Die 30 Junie-nasionale petrolstaking en -totstilstandkoming is tans een van die belangrikste besprekings op Suid-Afrika se politieke en ekonomiese radar. Die beplande landwye aksie word hoofsaaklik deur die March and March Movement gedryf. Daar is webwerf wat die groep bekend stel en jy kan gebeure volg via hul Whats App kanaal.
Daar is selfs retoriek soos Onwettige immigrasie: Mense gaan op 30 Junie sterf, waarsku Zibi wat aandui alles is nie wel nie.
Politieke ontleders sê die regering het onwettige immigrasie jare lank geïgnoreer. Ramaphosa se skielike ferm optrede is volgens hulle hoofsaaklik gedryf deur die November plaaslike verkiesing en druk van onder.
Die organiseerders eis die onmiddellike uitsetting van alle ongedokumenteerde buitelanders en ’n drastiese verlaging in brandstofpryse (R15 per liter). Hulle beskou die aksie as ’n ultimatum aan die regering: tree daadwerklik op, of die land kom tot stilstand.
Ten spyte van President Ramaphosa se 5-punt immigrasieplan en sy waarskuwing teen vigilanisme, het protesgangers Maandag in Boksburg reeds teen ‘n logistieke maatskappy betoog.
Organiseerders het hulle wel gedistansieer van geweldsaanhitsing op sosiale media, maar die beweging kry steeds steun in townships in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.
Op sigwaarde lyk die protes optrede en dreigemente skadeloos. Die regering hanteer dit meer ernstig soos wat Ramaphosa se 5 punt plan uitwys.
Hierdie protes is ’n duidelike simptoom van diep frustrasie oor die regering se mislukte immigrasiebeleid, hoë werkloosheid en swak dienslewering. Dit wys dat baie Suid-Afrikaners nie meer wag vir die staat om op te tree nie.
Die volgende weke gaan deurslaggewend wees oor hoe die protes ontvou en of daar elemente gaan wees wat dit gaan kaap vir eie politieke gewin. Rondom die ekonomie het ANC beleid van 30 jaar reeds groot skade berokken. Voeg hierby die groot petrolstygings agv die VSA se oorlog teen Iran.