Dinsdag se landwye optogte teen onwettige immigrante het grotendeels sonder grootskaalse geweld verloop, maar het duidelik gewys hoe diep die frustrasie in die land sit.
Meer as 900 mense is Dinsdag landwyd in hegtenis geneem tydens die 30 Junie-betogings. Die meeste is onwettige immigrante. Die polisie sê die meerderheid optogte het vreedsaam verloop
Duisende het in Johannesburg, Durban, Pretoria, Kaapstad en ander sentra betoog. Hoewel die polisie honderde arrests gemaak het en daar plek-plek plundering en intimidasie was, het die gevreesde 2021-styl onluste nie plaasgevind nie.
March and March-leier Jacinta Ngobese-Zuma het aangekondig dat hulle nie gaan stop nie. Sy het die regering ses maande gegee om ongedokumenteerde buitelanders te verwyder en gesê hulle gaan van nou af elke Donderdag betoog. Uganda se aankondiging dat hulle 1 200 burgers gaan repatrieer, wys dat die protes reeds praktiese gevolge het.
Kallie Kriel bedank AfriForum se veiligheidspanne en 177 buurtwagte landwyd vir hul volgehoue waaksaamheid en harde werk om gemeenskappe veilig te hou tydens die 30 Junie-protes.
Inwoners van Germiston het begin om self ondersoek in te stel by maatskappye of hulle ongedokumenteerde immigrante in diens neem. Dit volg ná die anti-onwettige immigrante-protesoptogte wat die gebied getref het.
Met groeiende frustrasie oor die regering se hantering van onwettige immigrasie, beplan inwoners om self hul volgende stappe te bepaal.
President Ramaphosa het ’n omvattende DA-skommeling goedgekeur. John Steenhuisen is as Minister van Landbou na adjunk gedegradeer, terwyl Dina Pule (afgedank in 2013 weens ’n ernstige tender- en etiekskandaal) as Minister van Sosiale Ontwikkeling terugkeer. Dit versterk die persepsie van “cadre recycling” binne die ANC.
Die 30 Junie-protes was ’n duidelike simptoom van die Staat se onvermoë om grense te beheer, misdaad te bekamp en dienste te lewer. Hoewel geweld grotendeels vermy is, bly die onderliggende probleme onopgelos. AfriForum maan steeds tot kalmte en wettige optrede, maar beklemtoon dat selfdoen (buurtwagte en hofsake) noodsaaklik is solank die regering faal.