Strandloper – Episode 1
Oom Fred se geduld is op met die wagtery by die losieshuis vir Tannie Ouvrou se personeel wat hy smiddae moet wegry. Hy en sy stamp weer koppe oor ʼn ou geskil. Hoekom ontstel dit haar steeds ná al die jare? Nicolien kry ʼn saamrygeleentheid by Oom Fred, maar dit eindig rampspoedig.
Strandloper – Episode 2
Willie lig Tannie Ouvrou in oor die ongeluk by die hawe waarin Oom Fred, Nicolien en Bobbi-hulle was. Engela wonder oor Dylan. Hy is nie sy ou vrolike self by sy koffie kiosk op die hawe nie; selfs die seevoëls word uitgeskel. Boonop kry hy ʼn oproep wat hy ongemaklik kortknip.
Strandloper – Episode 3
Nicolien wag Mauritz by die losieshuis in. Sy moet vir hom ʼn geheimsinnige briefie van Tannie Ouvrou gee. Sy wil dolgraag saam met hom gaan duik, maar die ongeluk verander die planne. Tannie Ouvrou bied aan om Oom Fred by die losieshuis te versorg. Dít is ʼn plofbare situasie in wording.
Strandloper – Episode 4
Engela en Willie se vriendskap vat vlam oor middagete in haar restaurant, Die Seekat. Engela is bekommerd oor Mauritz se duikery, veral met sy pa wat jare gelede ook geduik het en sy raaiselagtige dood daarna. Dylan raak onverwags soek. Hoekom is almal op hol oor sy verdwyning?
Strandloper – Episode 5
Oom Fred en Nicolien spoor Dylan eindelik op, maar daar is meer vrae as antwoorde oor Dylan se gedrag. Oom Fred stel ʼn ultimatum aan Dylan. Daar is pistoolskote by die hawe … ʼn eerste keer op Bloubaai. Wie skiet na wie, en hoekom?