Melaatsheid is nie net 'n siekte uit die Bybelse tyd nie. Dis steeds met ons. Selfs in Suid-Afrika word jaarliks tussen 50 en 100 nuwe gevalle gediagnoseer. Maar daar is doeltreffende behandeling en niemand hoef meer onder kwarantyn geplaas te word nie.