Baie (ouer) vroue se blaas lek bloot as hulle hoes of nies. Ander kan eenvoudig nie knyp nie. Baie vroue is te skaam om hulp te soek. Marí Hudson gesels met 'n nuwe soort spesialis wat spesifiek na die probleme omsien. Sy bring ook nuus oor 'n nuwe doeltreffende sterilasiemetode vir vroue wat binne 5 minute en sonder narkose gedoen kan word.