Het jy geweet daar is vier hoofgroepe borskanker, en dat elke soort borskanker se DNS verskil van jou eie DNS? Kankerspesialiste gebruik nou die inligting om die beste behandeling vir elke kankerpasiënt uit te werk. Marí Hudson gesels in Borskankermaand met dr. Rika Pienaar, 'n onkoloog, oor die jongste metodes om borskanker te diagnoseer en te behandel.