Die vet om jou middellyf en om jou organe is die gevaarlikste vet in jou lyf. Dit skei toksiese stowwe af, en 'n hoëvet-dieet kan die selle in die pankreas so vinnig beskadig dat jy binne ses weke tot in volle tipe 2 diabetes ingeskok word. Maar wat kan aan die gevaarlike vet gedoen word? Marí Hudson gesels met prof. Tess van der Merwe, 'n endokrinoloog en kenner van vetmetabolisme, oor die oplossings.