Baie paartjies droom van 'n baba van hulle eie, maar wat as die vrou om 'n mediese rede nie haar baba kan dra nie? Dan is haar droom in die hande van 'n surrogaat. Marí Hudson gesels met 'n bekende fertiliteitspesialis oor ova-skenking en -vriesing, surrogaat-swangerskap en die groot behoefte aan goedhartige surrogate.