Die meeste vroue ondervind simptome van premenstruele sindroom oftewel PMS. Maar sowat drie uit elke 100 vroue ly aan 'n ernstige graad van PMS en dit het nou amptelik 'n naam gekry, naamlik premenstruele disforiese versteuring. Daar is behandeling. Diagnosering en behandeling is belangrik want vroue wat aan die probleem ly, het 'n groter kans om aan nageboorte depressie te ly.