Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ’n kliniese sielkundige, oor trauma. Wat is dit? Hoe verskil dit van stres? Hoe kan ’n mens weet of jy getraumatiseer is? Hulle bespreek die psigologiese en fisieke simptome van trauma, die impak daarvan op individue en gemeenskappe, en praktiese maniere om spanning en trauma te verlig.