Dit is somer, en bosluise is volop. Marí Hudson praat met 'n infeksiespesialis oor bosluisbytkoors en ander siektes wat deur bosluise oorgedra kan word. In die tweede deel van die program kyk ons hoe diabetes jou oë kan beskadig, en ook na makulêre degenerasie. Marí Hudson gesels hieroor met 'n oogspesialis.