Die Amerikaanse Food and Drug Administration het pas inenting met die Johnson & Johnson entstof in VSA tydelik gestaak. Suid-Afrika het dit nou ook gedoen. Dit volg nadat ses vroue ná vaksinering bloedstolsels ontwikkel het. Marí Hudson praat met ’n hematoloog oor die onttrekking en die risiko vir stolselvorming tydens Covid, en ná inenting. Wat beteken dit, en wat nou?