Die Minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê die Minister van Finansies sal binnekort terugvoering gee oor watter stappe gedoen kan word oor stygende brandstofpryse. SANParke verwelkom die lang tronkstraf wat drie renosterstropers in die Skukuza-landdroshof gekry het. Spanning is aan die oplaai oor 'n verwagte Dag Zero vir water in Gqeberha.