Gemiddeld 45% van die bevolking ouer as 60 jaar, ontwikkel osteo-artritis. As die knie-gewrig so beskadig is dat 'n knievervanging nodig is, is pleks van 'n totale knievervanging, in sommige gevalle slegs 'n halwe knievervanging nodig. Met 'n halwe knievervanging bly die knieligamente behoue en behou mens dus beter funksie van die knie. Maar wie is kandidate vir 'n halwe knievervanging en hoe bepaal dokters watter operasie vir wie die beste is?