Dinsdag 30 Junie 2026 het groot landwye optogte teen onwettige immigrante plaasgevind sonder grootskaalse geweld. Hoewel spanning hoog was, het die dag grotendeels vreedsaam verloop met duidelike polisie-ontplooiing en beperkte ontwrigting in die meeste areas. Die kernprobleem – onwettige immigrasie en die Staat se onvermoë om dit te beheer – bly egter onopgelos.
President Cyril Ramaphosa het Maandag met leiers van Insizwa Nobunsiza (insluitend Ngizwe Mchunu en Nkosikhona Ndabandaba) vergader. March and March-leier Jacinta Ngobese-Zuma sê sy is onbewus van enige vergadering tussen die beweging en President Ramaphosa. Ngobese-Zuma wat in Durban aan ‘n optog deelgeneem het was tevrede met die opkoms.
In Pretoria het honderde protesteerders van Church Square na die Sunnyside-polisiestasie opgetrek. In Soweto was ‘n baie groot optog. In Johannesburg het duisende, in die middestad byeengekom met ’n duidelike toename in opkoms. Daar was optog in Tembisa. In Durban het duisende by King Dinuzulu Park saamgetrek, terwyl protes in Kaapstad buite die Provinsiale Parlement voortgesit is. In Middelburg, Mpumalanga, was daar ook beduidende mobilisering.
Die regering het die land op “maksimum operasionele gereedheid” geplaas. Duisende polisiebeamptes, openbare orde-eenhede en private sekuriteit is ontplooi. Ten spyte van vroeë voorvalle soos brandende bande in Kwaggafontein, het grootskaalse geweld nie materialiseer nie. Die polisie het vinnig opgetree teen gevalle van plundering. Die ekonomie is egter ontwrig: baie markte, verspreidingsentrums en besighede het beperkte aktiwiteit gehad. Boere is aangeraai om nie produkte Dinsdag mark toe te stuur nie.
Die protes was ’n duidelike simptoom van die Staat se onvermoë om grense te beveilig, misdaad te beveg en dienste te lewer. AfriForum het die dag aktief gemoniteer deur sy 3 nasionale beheerkamers, 177 buurt- en plaaswagte en 54 hommeltuie. Die organisasie het lede opgeroep om kalm, waaksaam en binne die wet te bly. Selfdoen bly noodsaaklik waar die Staat faal.
Dinsdag was ’n sukses vir die organiseerders in terme van sigbaarheid en mobilisering, Die dag het gewys dat duisende Suid-Afrikaners ernstig is oor onwettige immigrasie, maar ook dat die meerderheid nie geweld ondersteun nie. 30 Junie is ‘n simboliese datum vir die begin van groter weerstand teen onwettige immigrasie van na aanloop na die verkiesing ‘n brandpunt kan word.