Madeleine woon op Prins Albert en haar leuse is: "Ek maak my eie wêreld op hiedie werf van my." Madeleine is 'n bekende joernalis en sy skryf onder andere artikels vir die Vrye Weekblad. Verder komponeer en sing sy haar eie musiek en sy doen interessante handwerk wat gefokus is op die hergebruik van ou kledingstukke en lappe. Die tweede deel van ons gesprek is net op Patreon beskikbaar: word 'n lid en luister saam.