Salomo waarsku ons om nie lui te wees nie, maar om soos ‘n miertjie te wees – sonder iemand wat hulle aanpor, oppas, regeer of lei werk hulle kliphard om genoeg te hê om van te leef – hulle is slim en fluks in alles wat hulle doen!
Spreuke 6:6-11 (NLV): “Jou luiaard, gaan leer by die mier. Kyk wat hy doen. Leer wat wysheid is by hom. Hy het nie ’n leier, of ’n opsigter, of iemand wat agter hom staan nie. Hy kry reeds in die somer sy kosvoorraad reg. In die oestyd maak hy kos bymekaar. Jou luiaard, hoe lank gaan jy nog lê en slaap? Wanneer gaan jy eendag opstaan uit jou slaap? Nog ’n bietjie verder slaap, nog ’n bietjie lê en sluimer, nog ’n bietjie hande gevou lê om uit te rus. Skielik oorval die armoede jou soos ’n struikrower. ’n Tekort aan kos oorrompel jou soos ’n gewapende dief”.
Create your
podcast in
minutes
It is Free