Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Society & Culture
" . . don't judge me because I sin differently than you . . ."
Het hom lank terug geskryf, iemand het my ge-record toe ek dit iewers gesing het, nie seker waar nie, maar hier is hy nou op die podcast (want ek is in lockdown, soos die res van die mensdom, en ek wil eintlik mense one on one interview en nou kan ek nie - en ek hou van die liedjie), want daar moet eintlik voor elke kerk 'n bord wees wat sê:
. . . dwelmverslaafdes, misdadigers, alkoholiste, daggarokers,
ateïste, prostitute, prokureurs, morsjorse, gomsnuifers,
Blou Bul ondersteuners, vandaliste, boemelaars, kriminele,
rokers, studente, boeremusiekliefhebbers, gays,
freedom fighters, speed cops, swartmense,
pastore, geldgieriges, onnies, kwaadpraters,
tronkvoëls, egbrekers, witmense, gomtorre,
geheelonthouers, bruinmense, boelies, imaginary friends,
dominees, rowers, boere, losbandiges, stadsjapies, tieners,
apartheidshelde, nerds, wash-outs, sataniste,
hoofdogters, aliens, ou tannies, kommuniste,
kunstenaars, materialiste, wewenaars,
leuenaars, metal heads, orreliste, skinderbekke,
kerkmense, kerkloses, gewone mense . . .
alle sondaars welkom
Lees meer op my Blog: Anderkant die Doringdraad
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Echo Crisis Fund
Create your
podcast in
minutes
It is Free